Tuiste

Heerlike Klam Sjokoladekoek.

3 Kommentaar

Oond : 180 gr C. Smeer en voer 2 ronde koekpanne met bakpapaier. Verhit 1 k water en 5 E kakaopoeier. Koel effe af. Sif 2 k Bruismeel, halwe t sout, voeg dan 2 k suiker by, in mengbak. Roer kakaomengsel by. Klits saam in groot beker of bak: 125 ml karringmelk 1 t koeksoda. half t kaneel en 1 t vanilla en 2 eiers. Roer by vorige mengsel tot glad. Skep in 2 koekpanne en bak vir ‘n half uur tot gaar. Keer uit op afkoelrak. Sjokolade versiersel: Verhit 2 k versiersuiker, halwe k kakaopoeier en 75 gr botter knippie sout en 4 E karringmelk. [Moenie kook] Gooi helfte van versiersel bo-oor, sit lae opmekaar en gooi res van versiersel bo-oor.

Sagte Gemmerkoek

Lewer kommentaar

Stel oond op 190 gr C. Smeer groot ringkoekpan of spuit met spray and cook. Sif in mengbak: 2 k koekmeel, 2 t fyn gemmer, 2 t kaneel, 1 t bakpoeier, half t sout. Klop 2 eiers in beker, voeg 1 k olie by en 1 k gouestroop, roer deur en voeg by meelmengsel. Gooi 2 t koeksoda in 1 k swart, koue tee, + 2 t asyn. Roer by deeg. Skep in pan en bak vir +/- 1 uur tot gaar. Laat afkoel op afkoelrakkie, bedien lou-warm met warm tee of koffie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 28 other followers

%d bloggers like this: