Druk 2 ryp piesangs fyn en voeg 1 t suurlemoensap by. Meng met 1 blik kondensmelk en kwart t sout. Klop 2 k [500 ml] room styf en vou by kondensmelk mengsel in. Skep in plastiekbak met deksel en plaas in vrieskas. Roomys is so na 5 ure in vrieskas reg vir gebruik.