Verhit oond tot 180 gr C. Klits saam in mengbak: 4 E sagte botter, 1 k suiker, 4 groot eiers en 1 t vanilla geursel tot suiker gesmelt is. Sif 1 k bruismeel en kwart t sout by en roer deur. Skep in gesmeerde poedingbak en druk stukkies sagte karamel lekkers, in stukkies gebreek, in deeg. Bak vir 20-25 min tot gaar. Gooi vlg sous oor as uit oond kom. Sous: Verhit 1 k [250 ml] room en 10 sagte karamel toffies, tot gesmelt. Bedien met roomys of vla.