Oond: 180 gr C. Smelt 200 gr donker sjokolade in glasbak oor warm water. Klits in mengbak: half k olie, 1 k bruinsuiker, 2 eiers en 1 t vanilla geursel. Roer gesmelte sjok by, klop tot blink en glad. Sif half k bruismeel, kwart t sout, 125 ml kakao poeier saam en vou by sjok mengsel in. Roer paar gekapte neute [pekan of okkerneute] by en as jy wil nog sjokolade splinters en gekapte cherries. Skep in gesmeerde, gevoerde, vierkantige pan. Bak vir +- 30 min, koel af in pan, keer uit en sny in blokkies.