Oond op 180 gr C. Rol gekoopte brooddeeg uit en druk in groot, plat, gesmeerde pan. Braai 1 groot , gekapte ui en 2 t fyn knoffelhuisies, braai 3 t fyn koljander en 3 t fyn komyn [cumin] en 500 gr maer maalvleis tot droog, voeg sout na smaak by. Meng met 2 E pietersielie. Koel af. Smeer tamatiesous oor deeg en skep maalvleismengsel bo-oor. Sit stukkies feta kaas bo-op en dan gerasperde motzorella kaas bo-oor. Bak so om en by 30-40 minute.