Meng 1 blikkie kondensmelk en 2-3 druppels rooi voedselkleursel vir ‘n pienk kleur. Roer 3 K versiersuiker by en roer dan 4 k fyn klapper by, meng goed deur, as te klam, gooi nog bietjie klapper by. Druk in uitgevoerde bakplaat.[voer uit met bakpapier en smeer] Laat 1 uur stol, lig papier uit op broodplank en sny klapperys in blokkies. Bere in lugdigte houer.