Oond 180 gr C. Druk een groot pak chips fyner [geur van jou keuse] en gooi onder-in gesmeerde, diep tertbak, wat in oond kan gaan. In aparte bak: druk een blikkie beef fyner en voeg 1 gekapte, klein, ui by, halwe k gerasperde kaas, en 1 E droee pietersielie. Skep op chips in oondbak. Klits saam: 4 eiers, 375 ml melk, sout en peper. Gooi bo-oor beef- mengsel en bak vir 30-45 min tot gaar en uitgepof en bruin. Geniet saam met vars slaai van jou keuse.