Stel oond op 180 gr C. Smeer en voer 2 koekpanne. Klits saam in mengbak: 300 gr sagte botter, 1k plus 2 E suiker en 5 eiergele. Klits vir 5 min. Sif 2 k plus 1 E koekmeel en kwart t sout plus 4 t bakpoeier. Vou by bottermengsel in. Klits 5 eierwitte styf en vou in 3 dele by koekemengsel in, met metaallepel. Deel deeg in panne en bak 40-45 min tot gaar. Versier soos verkies as afgekoel, met botterversiersel, aarbeikonfyt of caramal kondensmelk.