Oond: 180 gr C. Meng saam in mengbak: 500 gr bruismeel, 1 t sout, 2 t bakpoeier, kwart k suiker,1 geklitste eier in 1 k melk, 1 k lou water. Moet tekstuur van skondeeg he. Druk oop met hande op meel bestrooide oppervlak. Strooi 1 k sultanas oor, en rol op soos rolkoek. Tel versigtig op en plaas op gesmeerde rolkoekpan. Smeer met geklitste eier en bak so om en by 45 minute tot goudbruin en gaar. Koel af en sny in skywe, bedien met botter.