Oond 180 gr C. Sif saam in mengbak: 7 en halwe k koekmeel, 1 t kaneel, 1 t fyn naeltjies, 1 t sout. Voeg 3 k bruinsuiker by. Vryf 250 gr margarine en 125 ml vet daarin tot lyk soos mieliemeel-tekstuur. Klits 2 eiers. Voeg 3 t koeksoda in 40 ml soetwyn/brandewyn en roer dit met eiers by meelmengsel. Maak goed aan. Laat 15 min staan en rol dan op meel bestrooide oppervlak uit, nie te dun, en druk af met koekiedrukker, sit op gesmeerde bakplaat en bak 15-20 min tot gaar. Koel af en pak in lugdigte houer.

Advertisements