Smelt 125 gr botter, 1 k suiker,1 blikkie kondensmelk en 4 E suurlemoensap in kastrol. Koel af. Roer by: 1 pk fyngerolde mariekoekies, gerasperde skil van 1 suurlemoen, 100 gr gekapte cherries, 2 k klapper. Druk in gesmeerde plat glasbak. Gooi vlg versiersel bo-oor: 2 k versiersuiker gemeng met 50 ml suurlemoensap. Verkoel tot hard en sny in blokkies.