Oond 180 gr C. Klits vlg saam in mengbak: 1 k koekmeel, 1 k suiker, half t sout, 2 t bakpoeier, 1 t vanilla geursel half k kakaopoeier, half k olie, half k warm water, 4 eiergele. Klits 4 eiergele in aparte bak tot styf en vou by deegmengsel in. Skep in gesmeerde, diep tertbak, bak vir 35 min. Gooi vlg sous oor gaar tert: Gooi in kastrol: half k bruinsuiker, 1 blikkie Ideal melk, 200 gr blok sjokolade en knippie sout. Roer tot sjokolade opgelos en trek van warm plaat af. Bedien met skeppie geklopte room of roomys.

Advertisements