Gooi alle bestandele in mengbak van elektriese menger..Gebruik K-beater. 500 gr koekmeel, 1 pakkie kitsgis, 1 t sout, 500 ml lou water. Meng deeg vir 10-12 min, op vol spoed tot bal vorm in middel. Los in bak en bedek met plastiek. Laat vir 30 min rys tot dubbel volume. Sit intussen oond op 220 gr C. Sif dik laag meel op gesmeerde bakplaat. Keer deeg versigtig uit op middel van plaat, smeer hande bietjie met olie en vou deeg met vinger punte tot lang brood. Plaas dadelik in oond en bak 20-25 min tot goudbruin en gaar.

Advertisements