Oond 180 gr C. In kastrol, smelt 250 gr botter,voeg 1 E brandewyn by, 180 ml suiker, 250 gr donker sjokolade stukkies, en 375 ml warm water. Haal van stoof sodra alles saam gesmelt is. Sif in aparte bak: 1 en halwe k Koekmeel, driekwart k kakao poeier, half t sout en 2 t bakpoeier. Klits stadig by sjokolade mengsel. Klits 2 groot eiers en 1 t vanilla geursel en roer by mengsel. Skep in gesmeerde diep poedingbak en bak vir 45 min. Bedien met roomys of geklopte room.

Advertisements