Plaas 10 rou hoenderstukke in oondbak. Geur met hoenderspeserye. Meng vlg saam en gooi oor hoender: 1 k appael/lemoensap, 1 pakkie bruin uiesoppoeier, 1 hoogvol E heuning, 1 E suurlemoensap, 2 t medium kerriepoeier [ meer as jy van sterker kerrie hou] 2 t fyn knoffel, 1 gekapte ui en 1 stukkie heel kaneel. Marineer vir 1 uur en skakel oond intussen op 180 gr C. Maak hoender met tinfoelie toe en bak 1 uur. Verwyder foelie en bak verdere uur tot goudbruin en taai. Bedien met rys en slaai van jou keuse.