Oond 180 gr C. Klits saam: 125 gr sagte margarine, 190 ml suiker, 1 groot eier. Voeg by: 250 ml koekmeel, 1 en halwe t bakpoeier, 125 ml klapper, 125 ml post toasties, fyner gedruk, 125 ml gekapte okkerneute, 125 ml sultanas, 125 ml rou hawermout, kwart t sout. Meng met nat bestandele en rol balletjies, druk effe platter met vurk en bak 12 – 15 minute tot ligbruin en bros. Koel af op afkoelrakkie en bere in lugdigte houer.