Oond 180 gr C. Maak kors van 1 pk Tenniskoekies, fyngerol, gemeng met 4 E gesmelte margarine. Druk vas in losboompan, bak vir 10 min, koel af. Skakel oond op 230 gr C. Vulsel: Meng saam 900 gr roomkaas, donsig geklop, 1 k suiker, 3 E koekmeel, 3 eiers en 1 eiergeel, knippie sout, klits deur, voeg dan by: 1 k suurroom, 2 t vanillageursel. Klits saam. Skep in pan, bo-op kors. Bak vir 10 min en skakel oond af na 110 gr C. Bak verdere 30 min. Skakel oond af en maak oond deur oop. Laat staan so vir 2 ure. Haal uit en gooi vlg mengsel bo-oor. Klits saam : 1 k suurroom, 1 E versiersuiker, 1 E suurlemoensap en knippie sout. Sit in yskas, oornag. Haal uit pan vir opdien en bedien met vars gesnyde vrugte.