Meng saam : 2 t olyfolie, 4 t balsamiekasyn en 1 t droee roosmaryn. Smeer 4 heel lamskenkel daarmee en sit in glasbak, maak toe met kleefplastiek en laat oornag in yskas. Verbruin skenkels in olie tot goudbruin. Voeg marinade by en 10-15 heel klein uitjies, 10 heel knoffelhuisies, 1 blik gekapte tamaties, sout en peper na smaak, ook ‘n paar stukke aartappels. Sit deksel op kastrol en prut saggies- Kyk af en toe in kastril en voeg kookwater by indien te droog- vleis moet van been afval. Bedien op rys met pampoenkoekies en ertjies.