Oond 180 gr C. Klits saam in groot mengbak; 3 eiers, 2 k suiker, 330 ml sonneblom/canola olie, 80 ml karringmelk 2 t karamel essens. Voeg 3 ryp, fyngedrukte piesangs by. Sif saam: 3 k bruismeel en half t sout, en roer by nat mengsel, roer dan by: half k klapper en half k gekapte neute. Skep in 2 medium, gesmeerde, gevoerde panne en bak vir 35 min tot gaar. Keer uit in groot borde en gooi vlg sous oor: Gooi in kastrol: half k bruinsuiker, 70 gr botter en 60 ml room, kook saggies vir 1 minuut. Laat koud word en bedien in skywe gesny.