Maak tertkors van 1 pakkie tenniskoekies, fyngerol, gemeng met 4 E gesmelte botter, druk vas in diep tertbak. Meng 1 pakkie suurlemoenjellie, kwart k suurlemoensap met bietjie kookwater tot jellie gesmelt, vul op met yswater tot 250 ml. Meng saam ; 1 houer 175 ml grenadilla jogurt, 1 blik kondensmelk en 1 blikkie grenadilla pulp, Meng by jellie mengsel en giet in kors. Laat stol en maak 1 blikkie grenadillamoes dikker met bietjie maizena, verkoel en gooi eweredig bo-oor koek. Laat stol en bedien.