Oond: 180 gr C. Voer ‘n broodpannetjie, 24cmx13cm uit met tinfoelie en smeer met margarine. Vlg in mengbak: 1 kg maalvleis,nie te vet, 2 gekapte ui, 125 ml blatjang, 1 E asyn, 2 groen appels, gerasper, half k fyn broodkrummels, 1 E droee pietersielie, 1 en half t sout, 1 t fyn koljander, kwart t fyn naeltjies, half t fyn kaneel, half t fyn gemmer en 2 eiers. Meng liggies deur en skep in pan, maak gelyk bo-op en smeer 4 E tamatiesous bo-oor. Bak vir plus minus een tot een en half uur tot gaar. Haal uit oond en laat staan 10 min. Keer versigtig uit op dienbord , sny in dik skywe en bedien met kapokaarappels, ertjies en wortels.