Oond 180 gr C. Klits saam; 4 eiers, 250 ml sonneblom/canola olie en 2 k suiker tot lig en donsig. Voeg by: 2 k + 2 E bruismeel, 1 t koeksoda, 2 t fyn kaneel, kwart t sout, 1 E asyn, 1 k vrugtekoek mengsel, 2 fyngemaakte, ryp piesangs en 3 k fyn gerasperde wortels, as jy wil, ook 1 k gekapte pekan neute. Meng goed deur en deel in 2 gesmeerde gevoerde koekpanne. Bak vir 30-40 min tot gaar. Koel heeltemal af en versier met roomkaas versiersel of lemoen versiersel.