Sif saam in mengbak: 250 ml koekmeel, 60 ml kakaopoeier en kwart t sout. Klits saam in groot beker: 1 k suiker, 125 ml gesmelte botter, 125 ml sterk swart koffie, afgekoel, en 2 groot eiers. Roer by droee mengsel. Meng goed deur en skep in gesmeerde mikrogolf ring-koekpan, 22 cm. Plaas op omgekeerde piering in mikrogolf en mikrogolf koek vir 7 minute. Haal uit oond, hou in pan en gooi helfte van vlg stroop bo-oor: Verhit 125 ml suiker met 45 ml sterk swart koffie, of koffie likeur. Koel heeltemal af in pan en keer uit op opdien-bord. Gooi ander helfte van stroop oor. Versier verder met 100 gr gesmelte sjokolade en halwe cherries of neute.

Advertisements