Oond 180 gr C. Klits saam; 2 eiers, 250 ml suiker, 250 ml lou water, 125 gr sagte botter en 1 t vanilla geursel. Voeg by; 250 ml bruismeel, kwart t sout en 2 k klapper. Meng goed. Skep in gesmeerde tertbak en bak vir 30 min tot goudbruin. Gooi vlg sous warm bo-oor as tert uit oond kom; Kook saam vir 5 min: 1 k water en 1 k suiker en knippie sout. Gooi dan 2 E brandewyn by, roer deur. Bedien met room.