Oond : 140 gr C. Meng saam in groot mengbak: 500 gr sagte margarine, 1 k wit suiker, 1 k bruin suiker, 200 gr klapper, 5 k semels, 5 k Nutty wheat meel, halwe t sout, halwe t kremetart, 3 t koeksoda, 500 ml karringmelk en 1 E asyn. Maak aan tot hanteerbare deeg en druk vas in plat oondpan, merk in vingers en bak tot gaar, so om en by 30-40 min. Koel effe af en breek in vingers en droog uit soos normaalweg.