Oond 180 gr C. Klits 3 eiers, en driekwart k suiker saam, voeg by: 1 k olie, 1 k melk en 1 t vanilla geursel. Klits deur, voeg by: 2 en ‘n kwart k bruismeel, kwart t sout, 1 t fyn kaneel, kwart t gemengde speserye en 375 ml fyn klapper. Roer deur. Skep in gesmeerde, gevoerde broodpannetjie. Sprinkel vlg bo-oor: 2 E suiker gemeng met 4 E klapper. Bak vir 55 minute tot gaar.