Stel oond op 180 gr C. Meng saam in mengbak: 2 k bruismeel, kwart t sout, 1 blikkie kondensmelk en 1 blikkie room sweetcorn. Roer goed deur en skep in gesmeerde gevoerde broodpannetjie en bak vir 30-35 minute tot gaar. Eet lou-warm met botter.