Meng al die bestandele saam: 1 blikkie bier of appletizer, 2 E olyfolie, sout en peper, 1 E gekapte vars tiemie of pietersielie en 3 E korrelmosterd. Plaas varktjoppe in glasbak en gooi marinade oor. Maak toe met kleefplastiek en laat staan ten minste 8 ure in yskas. Braai tjoppies oor matige kole so 10 minute aan ‘n kant.