Maak sous in kastrol: Gooi alle bestandele in: 2 k water, driekwart k ligbruin suiker, knippie sout, 2 t fyn kaneel. Kook saam en hou eenkant. Maak deeg aan: Smelt 5 E botter en halwe k appelkooskonfyt in beker in mikrogolf oond, roer 1 t koeksoda by en 1 t asyn. Roer 1 en halwe k bruismeel en kwart t sout en 1 groot eier by. Deeg sal slapperig wees. Skep lepels vol in kokende stroop, moet op laagste hitte kook. Kook vir 12 – 15 minute met deksel op..Eet dit net so of vir nagereg met vla.