Oond 180 gr C. Spuit ‘n groot ring koekpan of 1 groot ronde koekpan. Klits 250 gr sagte botter, 1 k suiker en 2 groot eiers goed saam. Roer 1 t koeksoda in 2 k karringmelk tot opgelos. Sif 2 k koekmeel, half t sout en 1 t bakpoeier saam en roer om beurt met karringmelkmengsel by eiermengsel. Roer 1 k vrugtekoek mengsel by en 1 lemoen se gerasperde skil, of 2 E versuikerde skil. Skep in koekpan en bak vir 40 minute tot gaar. Gooi vlg stroop oor as koek uit oond kom: Kook vir 2 minute saam: halwe k lemoensap, 1 t gerasperde lemoenskil, 2 t suurlemoensap en halwe k suiker. Koel af in pan en keer dan uit op bord. Versier soos verkies. Ek draai koek in tinfoelie toe en bere in yskas tot nodig.