Sif 4 k koekmeel, 4 t bakpoeier en halwe t sout saam en vryf 250 gr harde botter in. Maak aan met bietjie yswater en 2 t suurlemoensap tot hanteerbare deeg. Rol uit en druk sirkels uit en sit appelkooskonfyt in en smeer een kant van degie met eierwit. Plak toe en druk vas met vurk..Smeer bo-oor geklitste eier en steek 3 gaatjies in met tandestokkie. Sit in gesmeerde pan en bak by 200 gr C tot goudbruin.