Maak kors van 1 pakkie eet-som-mor koekies, fyn gerol, gemeng met 4 E gesmelte botter. Druk vas in tertbak. Smelt 1 blok 200 gr wit sjokolade in mikrogolf-oond. Meng by 2 bakkies roomkaas, kamer temperatuur, skep helfte bo-op tertkors en pak 1 blikkie GOED gedreineerde aarbeie bo-op, skep dan ander helfte van vulsel bo-oor en sit in yskas. Bedien met vars aarbeie as jy wil.