Oond 180 gr C. Room saam: 250 gr sagte margarine en 185 ml versiersuiker en 1 t karamel geursel tot donsig en liggeel. Roer 1 E goeie sterk koffiepoeier by 3 E kookwater en meng dit by margarine mengsel. Roer 2 k bruismeel en knippie sout by. Rol balletjies en sit op gesmeerde, gevoerde bakplaat. Druk effe platter met vurk. Bak vir 12-15 minute tot gaar. Koel af op draad rakkie. Smelt 100 gr sjokolade in mikrogolf oond en drup met teelepel op koekies.