Kap 24 konfyt tamaties en 3 groot uie in stukkies en sit in kastrol. Voeg by: halwe bottel asyn, 1 E gemmerpoeier, 2 en halwe k suiker, halwe t sout 1 E fyn mosterdpoeier en 2 k sultana rosyne. Kook tot dik en bottel warm. Jy kan ook 2 brand rissies opkap en byvoeg, ek spuit so 2 spuite soet chillie sous in. Pasop vir aanbrand na die end toe, dit brand maklik aan.