In kastrol op medium hitte: 2 k versiersuiker, 2 opgehoopte E kakaopoeier, 40 gr botter, 125 ml melk, 1 t vanilla geursel en knippie sout. Roer tot gesmelt. Laat heeltemal afkoel en druk vierkantige blokkies botterkoek in sous, werk met 2 vurke, en rol in klapper. Bak gewone botterkoek in oondpan, sny in blokkies en sit vir 4 ure in vrieskas voordat ystervarkies gemaak word.