Ontvel 2 kg ryp konfyttamaties. Sny in stukkies en sit in konfytkastrol. Voeg by: 400 gr suiker, 2 kaneelstokkies, 1 steranys, 3 heel naeltjies en kwart t sout. Kook ongeveer 2 ure lank tot stroperig en dik. Skep in gesteriliseerde botteltjies en verseel. Jy kan ook paar gekapte, ontpitte brandrissies byvoeg vir ekstra byt.