Oond 180 gr C. Klits saam: 150gr sagte botter en driekwart k bruin suiker, 4 eiergele en 1 t vanilla geursel. Sif saam: 1 k koekmeel, 2 t bakpoeier, 2 E kakaopoeier en kwart t sout. Meng die twee mengsels bymekaar. Roer 200 gr gekapte neut sjokolade by deegmengsel. Klits 4 eierwitte styf en vou liggies in met metaallepel. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 30 minute tot gaar. Koel heeltemal af voor versier. Versiersel; Smelt 200 gr neutsjokolade, gekap, 2-3 E room en 1 t vanilla geursel en knippie sout saam. Smeer geklopte room tussen koeke as jy wil of aarbeikonfyt. Smeer sjokolade mengsel bo-oor. Sprinkel met gebreekte flake as jy wil.