Kook pasta van jou keuse net gaar, dreineer goed en skep onderin oondbak. Maak frikkadelle met 500 gr maalvleis, 1 groot gebraaide uie, 2 snye geweekte brood, 1 k rou oats, 1 eier, 2 E gekapte pietersielie, 1 fyngekapte knoffelhuisie, 1 t fyn koljander, 1 E asyn en 1 t sout. Pak bo-op pasta en gooi 1 blik matige chakalaka oor gevolg met 1 blik tamatie, uie en knoffel smoor. Besek met tinfoelie en bak vir 1 uur by 180 gr C. Rasper motzerella kaas bo-oor en sit trug in oond tot gesmelt. Bedien met mengelslaai.