Meng saam: 375 ml koekmeel, halwe k maizena, 1 t sout en 1 t bakpoeier in groot mengbak. Vryf 4 E botter in tot lyk soos broodkrummels. Voeg half tot ‘n driekwart k warm water by, maak aan tot sagte deeg. Deeg moenie taai wees nie. Knie vir 5 minute. Verdeel deeg in 6 ewe groot balle en rol uit in ronde, dun, plat sirkels. Maak gaar in groot swaarboom pan op medium hitte tot bruin alkant. Hou warm tussen skoon tee doek. Vul met vulsel van jou keuse. Vir gesonder weergawe, gebruik bruinbroodmeel, volkoringmeel of nuttwheat meel.