Oond 180 gr C. Spuit ‘n losboompan. Smelt 60 gr margarine, 200ml bruinsuiker en 2 E goue stroop. Gooi onder-in pan en pak halwe, ontpitte, rooi pruime onder-in, met ronde ruggie na onder. Deeg: Klits saam 100 gr sagte botter, 240 ml suiker en 2 groot eiers saam. Sif 360 ml bruismeel, 1 t fyn kaneel en halwe t fyn nutmeg en halwe t sout saam en roer by eiermengsel. Roer 1 fyn gedrukte ryp piesang by. Skep deeg bo-oor pruime en bak vir 40-45 minute. Koel af in pan en keer uit op bord. Bedien met room.