Oond 180 gr C. Plaas 300 ml bier, kwart k kakao en 200 gr botter in kastrol en smelt, koel eenkant af. Plaas 1 en driekwart k suiker, 3 eiers en 150 ml suurroom in mengbak en klits goed, gooi biermengsel by en klits deur. Sif 2 k koekmeel, 2 t koeksoda en knippie sout saam en roer in nat mengsel. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 30 min tot gaar. Laat heeltemal afkoel en versier met vlg versiersel. Sjokolade Genache; Breek 300 gr donker sjokolade in blokkies en gooi in glasbak, voeg 25 gr botter by. Roer halwe k warm room by en roer totdat sjokolade en botter gesmelt is. Laat staan vir 10 minute en versier koek soos verlang. Jy kan ook gewone sjokolade versiersel gebruik.

Advertisements