Oond 180 gr C. Room saam: 375 ml sagte botter, 200 ml suiker en 2 t vanilla geursel.Voeg by: 625 ml gesifte koekmeel, 4 t bakpoeier 350 ml vlapoeier en halwe t sout. Maak deeg aan en rol in ewe groot balletjies, plaas op gevoerde, gesmeerde bakplaat en druk effe platter met vurk. Bak 15 minute tot gaar en koel af op afkoel rakkie. Smeer vlg vulsel tussen-in as verkies. Vulsel: Klits saam 250 gr pak versiersuiker, 125 ml sagte botter en 1 t vanilla geursel.

Advertisements