Oond 200 gr C. Voer gesmeerde, diep tertbak uit met broskors deeg en bak vir 10 min. Skakel oond af na 180 gr C. Meng saam in mengbak: 2 k gaar, fyn pampoen, 1 k suiker, 2 geklitste eiers, 1 t fyn kaneel, kwart t fyn neutmuskaat, halwe t sout en halwe k room. Skep in warm tertkors, Bak vir 1 uur tot gaar. Toets deur met skerp messie in middel van tert te druk, as messie skoon is, is tert gaar, Bedien lou-warm met geklopte room.

Advertisements