Oond 180 gr C. Smeer en voer middelslag broodpan. Voeg vlg bestandele in mengbak: 2 k bruismeel,1 k suiker,2 eiers, 2 t vanilla geursel. Druk 4 ryp piesangs fyn en roer daarby: halwe k melk en halwe t koeksoda. Roer by meel mengsel en skep in pan. Bak vir 1 uur tot gaar. Koel af en sny in snye en bedien met botter as verkies.