Gooi in groot kastrol: 2 L afgeroomde melk en 250 gr afgeroomde melkpoeier. Verhit stadig terwyl jy roer. As fyn borreltjies verskyn, net voor kook, haal van stoof af en koel vinnig af deur kastrol in yswater te laat staan. Koel af tot bloed loute. Voeg dan by: 250 ml natuurlike jogurt, {plein}. Klits goed deur. Maak goed toe en laat staan 4-6 ure in vertrek met konstante temperatuur. Voeg geure en vrugte na smaak by.