Oond 220 gr C. Gooi bymekaar in mengbak: 450 ml volkoringmeel, 400ml broodmeel, 1 t sout en 2 t koeksoda. Meng 300 ml karringmelk by en knie liggies tot deeg elasties is. Gooi nog meel by as te nat en nog melk by as te droog. Vorm ronde bal en plaas op gesmeerde bakplaat. Sny kruis oor deeg, met skerp mes, en bak vir 30-40 minute tot gaar. Klop op brood en as dit hol klink, is brood gaar. Bedien saam met sop of net so lou-warm, met botter, kaas en konfyt.

Advertisements