Meng 4 E maizena met bietjie koue melk en roer stadig by 3 k warm melk, in kastrol. Roer aanhoudend. Kook oor lae hitte tot verdik. Kook saggies vir 5 minute. Klits 2 eiers, halwe k suiker, kwart t sout en 3 t vanilla geursel saam in beker en roer by melkmengsel terwyl jy aanhoudend roer. Kook nog 1 minuut. Haal van plaat en gooi in gespuite poedingvorm. Laat stol. Net voor opdien, keer uit op bord en versier met vars of ingelegde vrugte. Geniet dit ook met sjokoladesous of aarbei konfyt.

Advertisements