Oond 180 gr C. Alle bestandele in mengbak: 150 gr gesmelte botter, 500 ml koekmeel, 300 ml suiker, 4 t bakpoeier, kwart t sout, 3 groot eiers, 100 ml melk, 50 ml water en 2 t vanilla geursel. Klits saam vir 1 en halwe minute met elektriese klitser. Deel op in 2 gesmeerde, gevoerde koekpanne en bak vir 30 minute tot gaar. Koel af en smeer aarbeikonfyt op eerste laag en volg met styf geklopte room. Sit ander laag bo-op en sprinkel met gesifte versiersuiker.