In kastrol: 335 ml suiker, kwart t sout, 3 E botter en 165 ml Ideal melk. Verhit en roer tot suiker opgelos het. Kook saggies vir 5 minute terwyl jy roer.Verwyder van stoof en klits vlg by: 110 gr pakkie malvalekkers, 300 gr sjokolade blokkies, 2 t kitskoffie en 2 t vanilla geursel. Gooi in gevoerde, gesmeerde plat pan, verkoel en sny in blokkies. Bêre in lugdigte bak.