Klits 500 ml room styf in mengbak. Meng saam: 1 L gekoopte vla en 1 blikkie caramel kondensmelk. Vou room by vlamengsel en breek peppermentsjokolade in stukkies en roer by. Skep in roomysbak en vries. Bedien met sjokolade- of caramelsous.